Younique Tours  © Website created by: Platinumads

Passiespele & Europa (Barcelona)

7-18  September 2020



Dag 1 - 7 September  JOHANNESBURG

Ons ontmoet mekaar 3 ure voor vertrek by die O.R Tambo Internasionale lughawe vir die deurnagvlug na Europa.  Aandete en ontbyt aanboord.


Dag 2 – 8 September MüNCHEN

Na aankoms in Munchen, begin ons met ‘n half-dag toer deur München wat bekend is vir die feestelike atmosfeer en bekoring. Ons reis neem ons verby die Olimpiese Stadion, die deftige Schwabing distrik en die “Residenz” – die huis van die voormalige Hertog Wittlesbach in Bavaria. Ons besoek ook Maximillian straat.  Aandete en oornag in München.


Dag 3 – 9 September OBERAMMERGAU

Na onbyt vertrek ons na die pragtige dorpie Oberammergau. Met ons aankoms word ons tuisgemaak by ons gastehuise en dan het ons tyd om die dorpie te verken. Vervoer is altyd beskikbaar en jy kan kom en gaan soos jy wil. Aandete en oornag in Oberammergau.


Dag 4 – 10 September     OBERAMMERGAU

Na ‘n heerlike ontbyt het ons nog ‘n kans om die dorpie te verken voordat die groot hoogtepunt, die Passiespele, aanbreek. Die geskiedenis van die Passiespele gaan so ver terug as 1634 toe die dorpie  Oberammergau wonderbaarlik gespaar is van die vernietigende “Swart Dood”.  Vanaf daardie datum word die Passiespele elke tien jaar op die planke gebring.   Ons vertoef die hele dag hier om hierdie “eenmaal in ‘n leeftyd” ervaring te geniet en te waardeer!!!  Die spel word na middagete vanaf 14:00 – 22:00 opgevoer en gedurende “pouse” geniet ons `n heerlike aandete.  Oornag in Oberammergau.


Dag 5 – 11 September     OBERAMMERGAU / CHUR

Ons vertrek vandag na Chur.  Oppad daarheen, doen ons aan by Bodensed en verken dan Chur, die pragtige Switzerse dorpie. Oornag in Chur.


Dag 6 – 12 September ZERMATT

Na ontbyt vertrek ons met die “Glacier Express” sneltrein na Zermatt. Die trein verbind die twee groot oorde, St. Moritz en Zermatt in die Switserse Alpe, met mekaar. Hierdie treinrit beloof om een van die hoogtepunte van die toer te wees met hoogtepunte vanaf die begin tot die einde van die panoramiese rit.


Dag 7 – 13 September  MONACO

Vandag vertrek ons na die pragtige dorp Monaco,‘n baie klein pragtige koninkryk aan die Franse Riviera. Die dorp is minder as twee vierkante kilometer groot, maar dit is sekerlik die mees glansryke stukkie aarde op die planeet.  Die diep blou see, pragtige palmbome en helder blomme, gee aan hierdie dorpie ‘n unieke aanloklikheid.  Oornag in Monaco.


Dag 8 – 14 September  MONTPELLIER

Vanoggend, na ontbyt, vertrek ons na Montpellier, ‘n stylvolle en mooi stad met elegante geboue, privaat woonhuise, statige boulevards en skaduryke straatjies. Daar is ook die pragtigste wit strande.  Oornag in Montpellier.


Dag 9 – 15 September   MONTPELLIER / BARCELONA

Na `n  heerlike ontbyt vertrek ons na Bercelona.


Dag 10 – 16 September    BARCELONA

Ons geniet ‘n voldag toer deur Barcelona wat al die hoogtepunte van Barcelona insluit. Ons begin by die bekendste laan in Barcelona, Las Ramblas en die Gotiese deel van die stad waar die 13de eeuse Gotiese Katedraal geleë is. Van hier af gaan ons na die ou hawe wat die hedendaagse modern hawe is vir seiljagte. Ons besoek ook die Columbus monument. Hiervandaan is ons oppad  na die Montjuic heuwel waar ons die Nasionale Paleis kan besigtig. Hier kan ons die “Museu Nacional dÁrt de Catalunya”, asook die Magiese Fonteine en Olimpiese Ringe sien. Nog hoogtepunte van Barcelona word gesien as ons op die Modernisme roete verder reis. Ons gaan ook verby die majestieuese “Passeig de Gracia”waar twee van Gaudi se mees imposante werke, “Casa Mila”en “Casa Batllo”gesien kan word.


Dag 11 – 17 September  BARCELONA / JOHANNESBURG

Vanmiddag vertrek ons na die lughawe vir ons nagvlug na Suid-Afrika.  Aandete en oornag aan boord.


Dag 12 – 18September   JOHANNESBURG

Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike toer, nuwe vriendekring en onvergeetlike belewenisse.


TOERPROGRAM EN PRYS IS ONDERHEWIG AAN VERANDERING!!


TOERPRYS:     SLEGS LANDREELINGS :  R24490.00 @ 1 EURO = R15.00

                                         PASSIESPEL PAKKET:        R9470.00  @  1 EURO = R15.00


TOTAAL:    R33960.00 @ 1 EURO = R15.00


Die toerprys is gebaseer op lugreisgelde en landreëlingskoste beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram en is onderhewig aan veranderings.  



Die volgende is by die toerprys ingesluit:


Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:


Let wel:  Die toerprys is onderhewig aan 42 betalende passasiers wat deurgaans saamreis.


As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, is ons genoodsaak om kwotasies op ‘n daaglikse wisselkoers te bereken.


Indien kontant betalings gemaak word, moet 1,4% kontantfooi bygetel word.



MARIAN VAN ROOYEN

TEL 014 7840061

SEL 082 5687451

www.youniquetours.co.za

Programme Registration form