Younique Tours  © Website created by: Platinumads

BOTSWANA, CHOBE,  VIC-VALLE & OKAVANGO DELTA

6-14 April 2019


Dag 1

Ons vertrek vanaf die Oos Rand Mall (Boksburg) en Pretoria na Botswana. Ons gaan deur die Groblersbrug-grenspos en ry dan tot in Palapye waar ons sal oornag.


Dag 2

Na ontbyt vertrek ons met groot opgewondenheid na die Okavango Delta via die Makgadikgadi panne. Ons oornag vir die volgende 2 nagte in Maun.


Dag 3

Vroegoggend gaan ons die Delta met makoro`s aandurf (ekskursie is opsioneel ±R1200.00) wat deur ‘n “poler” geruisloos deur die vlak waterkanale gestuur word. ‘n Bosuitstappie op een van die eilande, met ‘n ligte middagete, kan net opwindend wees! Onthou jou hoed! Indien u nie hierdie ekskursie wil meemaak nie, kan u ‘n rustige dag by die hotel deurbring.

 

Dag 4

Ons gaan vandag die skouspelagtige Delta vanuit die lug met `n ligte vliegtuig beskou.  Daarna vertrek ons na Nata waar ons sal oornag. Die Hotel bied ook ekskursies na die Makgadikgadi Panne wat uself kan onderneem.


Dag 5

Na ontbyt vertrek ons na die noorde tot by Kasane(Chobe). Ons gaan vir 3 nagte hier tuis.


Dag 6

Vandag word ons bederf met een van die wêreld se grootste wonders nl. die indrukwekkende Victoria watervalle.  Ons keer terug na Chobe vir ‘n heerlike aandete.

Opsionele pakket: ‘n Helikoptervlug oor die waterval wat ‘n onvergeetlike ervaring kan wees.


Dag 7

Vandag beleef ons ‘n dag vol opwinding! ‘n Avontuurlike wildrit in 4x4-voertuie deur die Chobe Nasionale Park en ‘n ongelooflike bootvaart op die Choberivier.


Dag 8

Vanoggend vertrek ons terug na Palapye en oornag ons laaste aand.


Dag 9

Vandag huiswaarts, met nog `n onvergeetlike toer saam met YOU-NIQUE TOERE, wat lekker kan  bederf!!!!


Toerprys: R17600.00.00pp (wat deel) plus Enkeltarief: +R4500.00. Deposito: R3000.00 (met bespreking) Finale bedrag ses weke voor vertrek. (asb. geen kontant of tjek inbetalings – indien, sal bankkostes gehef word)   Afskrif van paspoort word met bespreking verlang.

 

YOU-NIQUE TOERE behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Toerpryse is onderhewig aan verandering weens ekonomiese toestande, ( US Dollar) en brandstofprys.






Programme Registration form