Younique Tours  © Website created by: Platinumads


NYLVAART

6-11 Mei 2018

R8890 Vlugkaartjie uitgesluit



Dag 1    KAïRO, LUXOR  

                In Kairo word ons oorgeplaas  na die stasie vir ‘n         oornag treinrit na Luxor.  Aandete en ontbyt aan boord.

Dag 2        LUXOR  

                 Vanoggend word ons oorgeplaas na ons 5-ster boot vir ons Nylvaart. Ons besoek die Vallei van die Konings,  versierde rotsgrafte van die Farao’s Tutankamen die asemrowende tempel van Hatsheput, Karnak, Luxor en Kollossi van Memnon. Middagete, aandete en oornag aan boord.

Dag 3         ESNA,  EDFU  

                Ontspan aan boord terwyl ons via Esna na Edfu vaar. Sien die immergroen oewers van die Nyl en plek-plek eilande met waterbuffels. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aan boord.

Dag 4        EDFU,  ASWAN  

                  Besoek die tempel van Edfu, Kom Umbo, Aswan. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aan boord.

Dag 5         ASWAN,  KAïRO   

                 Na ontbyt besoek ons die groot dam, die onvoltooide obelisk, die Phaile tempel wat heeltemal na ‘n ander eiland verplaas is a.g.v die bou van die dam, en vaar met Felucca seilbootjies op die Nyl. Daarna ‘n besoek aan die mark van Aswan –word vervoer van en na die mark per perdekar. Vanmiddag vlieg ons na Kairo en word laataand oorgeplaas vir ons vlug na SA.

Dag 6        JOHANNESBURG

                Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike nuwe ervaring en ‘n nuwe vriendekring  



Die volgende is by die toerprys ingesluit:

Retoer vlugkaartjie ex Johannesburg / Cairo / Tel Aviv / Johannesburg

Lughawe belasting

Alle hulp met aankoms en vertrek

Alle oorplasings vanaf die lughawe – hotel – lughawe.

Luukse busvervoer met lugversorging

Toegangsfooie soos per die program

Eersteklas akkommodasie. Drie etes per dag

Engelssprekende gids


Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:

Administrasiefooi van R200 per persoon.

Voorgeskrewe fooitjies - $70 p.p. vir gidse en busdrywers

Reisversekering beskikbaar op aanvraag

Enkelkamertarief:  Vra vir kwotasie indien jy alleen in ‘n kamer vir tuisgaan

Visum vir Egipte  R110.00

Persoonlike uitgawes

Ekstra maaltye

Brandstofverhogings indien die lugredery besluit om hul belasting op brandstofprys te verhoog.

Enigiets wat nie genoem word onder “toerprys ingesluit” nie


Indien u kontant betaal vir die toer, moet u asseblief R350 byreken vir bank koste


DIE PROGRAM IS ONDERHEWING AAN VERANDERING


Die toerprys is onderhewig aan 6 betalende passasiers wat deurgaans saamreis. As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, kan prys verander agv. wisselkoers.  Bereken op R13.20.


Programme Registration form