Younique Tours  © Website created by: Platinumads

Israel, Egypte & Jordanie


Vertrekdatum:  26 April 2019 - 6 Mei 2019



SPESIALE TOERPRYS – R33990.00 1$ = R13.20


Dag 1   20 April  OR TAMBO, KAIRO, AMMAN.   

 Die groep ontmoet in die Internasionale Vertreksaal van O R Tambo Lughawe. Handel die nodige formaliteite af en vertrek met ons oornagvlug na Amman via Cairo.  (Aandete en ontbyt aan boord).


Dag 2 21 April AMMAN, PETRA  

 Ons ontmoet ons Jordaniese gids en vertrek na Petra. Hierdie Roosstad is uit die berg gekap en is ‘n natuurwonder asook ‘n mensgemaakte wonder. Ons gids vat ons op ‘n begeleide toer en later kan ons alles op ons eie verken. Ons slaap in ‘n baie mooi hotel slegs 300m vanaf die ingang na Petra.


Dag 3 22 April PETRA. WADI RUM

 Na ontbyt verruil ons Petra vir ‘n ervaring in die woestyn. Maak jou reg om die stilte en die bekoring van die woestyn te beleef. Deel van die uitstappie is ‘n 2 ure uitstappie in Wadi Rum op ‘n Bedouin-bakkie.(Jeep). Vanaand sal jy die sterre op ‘n ander manier beleef. Oornag en aandete in die Bedouinne tentekamp.


Dag 4  23 April   EILAT, TIMNA, DOOI SEE       

Na ontbyt vertrek ons na Eilat deur die grenspos. Ons ontmoet ons Israeliese gids en ry deur Eilat, die vakansiedorp op die oewers van die Rooi See.  Ons besoek Timna waar ons die replika van die Tabernakel sal sien. Ons vertrek verder na die Dooie See, die laagste punt op aarde, waar ons kans kry om in die helende waters te swem. Aandete en oornag by die Dooie See.


Dag 5  24 April   MASADA, QUMRAN, JERIGO, BET SHEAN     

Na ontbyt besoek ons die bergvesting van Masada met sy baie uitgrawings per kabelkar waar 967 Jode massa-moord gepleeg het eerder as om in die hande van die Romeine te val.  Daarna besoek ons Qumran waar die Dooie See rolle ontdek is.  Ons besoek Jerigo, die oudste stad ter wêreld, en gaan per kabelkar teen die Berg van Versoeking uit. Ons reis deur die Jordaanvallei  verby Bet Shean, ‘n antieke stad waar die liggame van Saul en sy seuns aan die stadsmure vasgespyker was. Aandete en oornag in Tiberias


Dag 6 25 April   SEE VAN GALILEA, TABGA, KAPERNAUM, YARDENIT

Vanoggend na ontbyt vaar ons per boot op die see van Galilea – tyd vir gebed en bepeinsing. Daarna is die berg van Saligsprekinge, waar die bergpredikasie (Matteus 5:7) deur Jesus gelewer is aan die beurt. Ons besoek Tabgha waar die wonderwerk van die vermeerdering van die brode en vissies plaasgevind het. Ons besoek Kapernaum, die stad van Jesus, die tweede eeuse Sinagoge waar Jesus sy loopbaan as prediker begin het,  asook die uitgrawings van Petrus se huis.  In Magdala sien ons a boot wat uitgegrawe is en wat moontlik dieselfde was soos die wat Jesus gebruik het. Ons vertrek verder na Yardenit, die tradisionele doopplek by die Jordaan.  Aandete en oornag in Tiberias.




Dag 7  26 April     KANA, NASARET, KARMEL, SESAREA     

Na ontbyt vertrek ons na Kana in Galilea, die plek waar Jesus Sy eerste wonderwerk gedoen het deur wat in wyn te verander.  Ons vertrek na Nasaret waar ons die Kerk van Aankondiging besoek. Ons ry verder na Meggido en Karmel (Muhraka) die plek waar Elia die Baälpriesters uitgedaag het. Ons vertrek verder langs die kus na Sesarea,  die tuisdorp van Pilatus, Fillipus en Cornelius.  Aandete en oornag in Jerusalem.


Dag 8 27 April      BETLEHEM, KLAAGMUUG, OLYFBERG, GETSEMANE

Na ontbyt vertrek ons na Bethlehem, die Geboortekerk en die oudste kerk in die wêreld.  ‘n Plaaslike gids neem ons deur die grenspos na Bethlehem. Tyd om die Olyfhoutsneefabriek te besoek.  Vertrek terug na Jerusalem en besoek die Klaagmuur, ook bekend as die Westelike muur wat die heiligste plek vir die Jode is asook die Tempelarea.  Ons ry op na die Olyfberg vir ‘n panoramiese uitsig oor die Ou Stad, Jerusalem.  Ons besoek die Tuin van Getsemane waar ons ons dag afsluit.  Aandete en ontbyt in Jerusalem


Dag 9 28 April   BO-VERTREK, ST. PETER IN GALLICANTU, BAD VAN BETESDA, VIA DOLOROSA, TUINGRAF    

Na ontbyt besoek ons die bo-vertrek waar die laaste Avondmaal gehou is en die graf van koning David.   Ons vertrek na die Kerk van St. Peter in Gallicantu, ook bekend as die huis van Kajafas omdat dit gebou is op die plek waar sy huis vroeër was.  Ons gaan die Ou Stad binne deur die St. Stephen’s poort en besoek die bad van Bethesda en die Kerk van St. Anne.  Ons stap  die Via Dolorosa verby die stasies van die kruis.  Sien deur die kleurvolle basaars en langs die Cardo, die antieke Roomse Pad.  Sluit die dag af met ‘n nagmaalsviering by die tuingraf – die hoogtepunt van die toer.  Aandete en oornag in Jerusalem.


Dag 10 29 April   JERUSALEM, KAIRO

Vanoggend na ontbyt vertrek ons na die lughawe vir ons vlug na Kairo.  Ons doen ‘n halfdag toer in Kairo waar ons die Piramides (Giza Cheopos, Kephron, and Mykorinos) sien asook die Sphinx.  Ons bring `n besoek aan die Kerk in die berg (ashoop).  Ons geniet aandete langs die Nyl voor ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Johannesburg.  Aandete en ontbyt aanboord.



Dag 11  30 April     JOHANNESBURG    

Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike toer deur Jordanië, Egipte en Israel, met ‘n verrykte gees en goeie herinneringe.        


SPESIALE TOERPRYS: R33990.00 - 1$ = R13.20.

Deposito – R8500.00pp



Die toerprys is gebaseer op lugreisgelde en landreëlingskoste beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram (1/6/17) en is onderhewig aan veranderinge. Aangesien internasionale wisselkoers aansienlik verander, is daar besluit op ‘n wisselkoers van $1=R13.20


Die volgende is by die toerprys ingesluit:

Retoer vlugkaartjie ex Johannesburg / Cairo / Amman/Tel Aviv / Johannesburg

Lughawebelasting

Alle hulp met aankoms en vertrek

Alle oorplasings vanaf die lughawe – hotel – lughawe.

Luukse busvervoer met lugversorging

Toegangsfooie soos per die program

Goeie  hotelle. Ontbyt en aandete ingesluit.

Engelssprekende gids

‘n Reissak


Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:

Administrasiefooi van R150 per persoon.

Voorgeskrewe fooitjies - $110 p.p. vir gidse en busdrywers

Reisversekering beskikbaar en word sterk aanbeveel.

Enkelkamertarief:  Vra vir kwotasie indien jy alleen in ‘n kamer vir tuisgaan

Visum vir Jordanie  R120.00 & Egypte R110.00

Persoonlike uitgawes

Ekstra maaltye

Brandstofverhogings indien die lugredery besluit om hul belasting op brandstofprys te verhoog.

Enigiets wat nie genoem word onder “toerprys ingesluit” nie


Indien u kontant betaal vir die toer, moet u  R470 byreken vir bankkostes


DIE PROGRAM IS ONDERHEWING AAN VERANDERING


Die toerprys is onderhewig aan 32 betalende passasiers wat saamreis.



As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, is ons genoodsaak om kwotasies op ‘n daaglikse wisselkoers te bereken.  Alle kwotasies is onderhewig aan verandering as gevolg van die veranderende wisselkoe


OPSIONELE   NYLVAART

30 April – 4 Mei 2018

R7390,00 + R900,00 (lughawebelasting)

Onderhewig aan ‘n groep van 6 betalende toerlede


Dag 10  29 April  KAïRO, LUXOR  

                In Kairo word ons oorgeplaas  na die stasie en oornag op `n trein na Luxor.  Aandete en ontbyt aanboord.

Dag 11    30 April LUXOR  

                 Vanoggend word ons oorgeplaas na ons 5-sterboot vir ons Nylvaart. Ons besoek die Vallei van die Konings,  versierde rotsgrafte van die Farao’s Tutankamen die asemrowende tempel van Hatsheput, Karnak, Luxor en Kollossi van Memnon. Middagete, aandete en oornag aanboord.

Dag 12  1 Mei   ESNA,  EDFU  

                Ontspan aanboord terwyl ons via Esna na Edfu vaar. Sien die immergroen oewers van die Nyl en plek-plek eilande met waterbuffels. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aan- boord.

Dag 13  2 Mei   EDFU,  ASWAN  

                  Besoek die tempel van Edfu, Kom Umbo en Aswan. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aanboord.

Dag 14  3 Mei   ASWAN,  KAïRO   

                 Na ontbyt besoek ons die groot dam, die onvoltooide obelisk, die Phaile tempel wat heeltemal na ‘n ander eiland verplaas is a.g.v die bou van die dam en vaar met Felucca seilbootjies op die Nyl. Daarna ‘n besoek aan die mark van Aswan –word vervoer van en na die mark per perdekar. Vanmiddag vlieg ons na Kairo en word laataand oorgeplaas vir ons vlug na SA.

Dag 15  4 Mei   JOHANNESBURG

                Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike nuwe ervaring en ‘n nuwe vriendekring  


Programme Registration form