Younique Tours  © Website created by: Platinumads

NAMIBIë

16-28 Junie 2019


DAG  1

Ons vertrek vanaf  Pretoria  na die Oosrand Mall in Boksburg, dan na Potchefstroom en Klerksdorp om laatmiddag in Upington te arriveer en oornag.


DAG  2

Na ‘n goeie nagrus en heerlike ontbyt, vertrek ons na die grenspos by Nakop/Ariamsvlei. Na  afhandeling van die formaliteite kan ons so ’n bietjie bene rek voor ons die pad aandurf na die Visrivier Canyon. Ons oornag in Keetmanshoop.


DAG  3

Na ontbyt durf ons die uitgestrekte Namibwoestyn aan en hoop om die wilde perde te sien. Ons bring `n besoek die bekende Dias Kruis en oornag in Lüderitz reg op die see!     

                                                                                                                                                                    

DAG  4  

Na`n egte Duitse ontbyt verlaat ons Lüderitz. Ons besoek die spookdorp, Kolmanskop en vertrek dan na Maltahöhe via Helmeringhausen met sy indrukwekkende gastehuis en oornag in die Maltahöhe Hotel.


DAG  5  

Na ontbyt vertrek ons na Sossusvlei en die duine by Sesriem en gaan ons die hoogste duin ter wêreld  aandurf.

Vanmiddag bring ons`n besoek aan `n eg Duitse bakkery en oornag in die Solitaire Lodge.

  

DAG  6

Ons vertrek via die ongerepte Namibwoestyn na Swakopmund. Ons gaan deur die Kuiseb Vlakte en beleef die mees veranderende landskap van oase tot Sprokiesbome! Ons besoek Walvisbaai se Duin 7, die soutpanne en Pelikaanpunt en beleef ‘n mees fantastiese sonsondergang! Ons sal die volgende twee nagte hier oornag.


DAG  7

Vandag bring ons `n besoek aan die Maanlandskap en gaan kyk hoe die oer-oue Welwitshia plante lyk. Ons verken Swakopmund met al sy snuffelwinkeltjies en kristalgallery. Ons kan ook lekker smul aan die plaaslike gebak van die Duitsers!!


DAG 8 en 9

Na ontbyt vertrek ons na Outjo waar ons vir 2 aande sal oornag. Ons bring `n besoek aan die grootste wynkelder in Namibië en die Etosha Nasionale Park.


DAG  10

Na ontbyt vertrek ons na Windhoek via Otjivarongo en Okahandja.


DAG  11

‘n Heerlike ontbyt en dan ‘n stadstoer deur Windhoek. Daarna vertrek ons na  Keetmanshoop. Ons besoek die bekende Kokerboomwoud asook die “Speelplek van die Reuse” met sonsondergang! Ons oornag in die Canyon Hotel.


DAG  12

Na `n goeie nagrus en ontbyt, durf ons weer die pad aan terug na Suid-Afrika.  Ons oornag dan weer in Upington.


DAG  13

Ons besoek die donkie en Droëvrugte stalletjie en keer dan huiswaarts, verryk met die wonderlikste herinneringe van ons besoek aan Namibië en `n fantastiese toer saam met You-Nique Toere, wat lekker kan bederf en baie verrassings het!


PRYS: R20400.00pp  wat deel (plus R4950.00 enkelkamer) Deposito: R3000.00(met bespreking) Uitstaande bedrag, 2 maande voor vertrek (geen kontant of tjek inbetalings, en indien, sal bankkostes gehef word).  Afskrif van paspoort word verlang met bespreking asb.

Prys sluit  in: 2 heerlike etes per dag, fooitjies aan portiere, vervoer  met  ultra luukse bus,  verkoeling en gemaklike verstelbare sitplekke, eersteklas akkomodasie,  professionele diens en sorg, vriendelike en kundige  toerleier .  Ingangsfooie soos per program.

YOU-NIQUE TOERE behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Prys is onderhewig aan verandering  agv van brandstof  en kospryse

Programme Registration form