Younique Tours  © Website created by: Platinumads

Passiespele & Europa


7-18 September 2020



Dag 1 – 7 September JOHANNESBURG

Ons ontmoet mekaar 3 ure voor vertrek by die O.R Tambo Internasionale lughawe vir die nagvlug na Europa.  Aandete en ontbyt aan boord.


Dag 2 - 8 September     MüNCHEN

Na ons aankoms in Munchen, begin ons met ‘n half-dag toer.  München is bekend vir sy feestelike atmosfeer en bekoring. Ons reis neem ons verby die Olimpiese Stadion, die deftige Schwabing distrik en die “Residenz” – die huis van die voormalige Hertog Wittlesbach in Bavaria. Ons besoek ook Maximillian straat.  Aandete en oornag in München.


Dag 3 – 9 September OBERAMMERGAU

Na onbyt vertrek ons na die pragtige dorpie Oberammergau. Met ons aankoms word ons tuisgemaak by ons gastehuise en dan het ons tyd om die dorpie te verken. Vervoer is altyd beskikbaar en jy kan kom en gaan soos jy wil. Dan breek die groot hoogtepunt, die Passiespele, aan. Die geskiedenis van die Passiespele gaan so ver as 1634 terug, toe die dorpie van Oberammergau wonderbaarlik gespaar is van die vernietigende “Swart Dood”.  Vanaf daardie datum word die Passiespele elke tien jaar aangebied.   Ons vertoef die hele dag hier om hierdie eenmaal in ‘n leeftyd ervaring te geniet en te waardeer!!!  Die spel word na middagete om 14:00 – 22:00 opgevoer, en daar word gebreek vir ‘n heerlike aandete.  Oornag in Oberammergau.


Dag 4 – 10 September     OBERAMMERGAU / PRAAG

Na ontbyt vertrek ons na Praag. By ons aankoms in Praag gaan ons op ‘n halfdag-toer deur die stad. Die toer begin by die Nuwe Stad en sluit die “Wenceslas Square”in.  Hiervandaan gaan ons verder na die Ou Stad en die pragtige Klein Stad waar ons die klein straatjies kan verken. Gedurende die toer besoek ons ook van die tradisionele kerke en ervaar die Tjeggiese tradisies en atmosfeer. Die toer sluit ook besigtiging van die Praag Kasteel-kompleks in. Hierdie is die oudste middeleeuse kasteel-kompleks in Europa en die historiese woning van Tjeggiese konings deur die eeue heen. Verder kan ons ons verkyk aan die argitektuur van die pragtige St. Vitus Katedraal en die “Old Royal Palace”. Die toer sluit ook ‘n staproete oor die manjifieke Charles Brug in, vanwaar die pragtige uitsig oor die rivier bewonder kan word. Hiervandaan besoek ons die ou Joodse Kwartier met sy Sinagoges, begraafplaas en die strate van die voormalige Jodebuurt.

Oornag in Praag.


Dag 5 – 11 September     PRAAG / BERLYN

Vanoggend is ons vry om Praag op ons eie te verken en later die dag  vertrek ons na Berlyn.   Na aandete kan u Berlyn solank verken.  Oornag in Berlyn.


Dag 6 – 12 September BERLYN

Na ontbyt vertrek ons op ‘n stadstoer wat begin by die Brandenburg Hek – die simbool van die stad asook die plek waar die hereniging van Duitsland plaasgevind het. Ons besoek ook die Parlement (Reichstag) met sy pragtig nuwe koepel. Ons stap verby die “Holocaust” Museum en besoek die terrein waar Hitler se bunker was. On sien ook die Paleis van die Republiek en die Marx & Engels Plein. Hierdie toer eindig by een van Europa se pragtigste pleine, Gendarmenmarkt, nie ver van die “Wall Museum” by “Checkpoint Charlie” nie. Hiervandaan vertrek ons na die grootste bestaande paleis in Berlyn, naamlik Kasteel Charlottenburg. Hierdie kasteel is ‘n pragtige voorbeeld van Barokstyl argitektuur en daar is imposante en geskiedkundige kunswerke om te besigtig. Aandete en oornag in Berlyn.


Dag 7- 13 September  BERLYN / POZNAN

Vandag vertrek ons na ontbyt na die pragtige dorp, Poznan. Ons begin ons halfdag begeleide toer op die eiland Ostrow Tumski by die belangrikste koninklike residensie gedurende die tyd toe Pole nog ‘n heidense land was. Hier vind ons ook die Pole se eerste katedraal, St. Peter and Paul’s, wat in die woorde van Pous Johannes Paulus II, die plek is waar Pole begin het. Hiervandaan gaan ons na die sjarmante Ou Stad van Poznan waar ons die handelsmerk van die stad, die ”Poznanskie Kosiolki”, twee bokke wat elke dag om 12 uur hulle koppe stamp,  kan sien.  Terwyl ons in die ou stad is kan ons ook die Ou Stadsvierkant en die Rennaisance Stadsaal besigtig. Hiervandaan verken ons die nou straatjies van hierdie historiese gebied tot ons by die Stanislav Kerk (ook bekend as “fara”) aankom. Hierdie is ‘n waardevolle besienswaardigheid in die Poolse Barokstyl, versier met goue ornamente. Oornag in Poznan.


Dag 8 – 14 September  POZNAN / WARSAW

Na ontbyt vertrek ons na Warsaw waar ons dan in die middag ‘n begeleide halfdag-toer van die stad gaan meemaak. Hierdie toer sluit in die Grand Teater en Operahuis, Jablonowski Paleis, Graf van die Onbekende Soldaat, Saski Park, Umscagplatz, die monument vir die Helde van die Jodebuurt asook die Stadsaal. Deurentyd kan ons die argitektuur uit die kommunistiese tydperk bewonder. Ons besoek dan die Lazienki Koninklike Park met die Paleis op die Water voordat ons na die Ou Stad beweeg. Die Ou Stad is ‘n UNESCO erfenis terrein wat heeltemal oorgebou is na die tweede Wêreldoorlog. Verder besoek ons die Nuwe Warsaw, wat die nuwe stad, Krasinski Paleis , die Paleis van Justisie asook die Monument van die Warsaw Opstand, insluit. Oornag in Warsaw.


Dag 9 – 15 September   WARSAW/ KRAKOW

Na ontbyt besigtig ons die Wilanow Paleis en park. Ons mag ongelukkig nie binne in die paleis ingaan nie, maar dit is een van die pragtigste barokstyl argitektoniese monumente in Warsaw, met ‘n vermenging van Europese kuns en Ou-Poolse boustyle. Die paleis, park en ander geboue op die terrein is een van die kosbaarste monumente in die Poolse kultuur. Dit is gebou deur die Poolse Koning Jan III Sobieski in die laaste gedeelte van die 17de eeu. Na die besoek aan die paleis, het ons die middag vry om inkopies te doen in Warsaw. Ons vertrek vanmiddag na Auswitch. Oornag in Krakow.


Dag 10 – 16 September    KRAKOW

Ons doen vandag ‘n half-dag stadstoer.  Ons besoek die 14de eeuse St. Mary’s kerk met sy Gotiese altaar. Die goue trompet word gebruik om elke uur die tyd aan te dui. Ons besoek ook die wêreld se oudste winkelkompleks, die “Cloth Hall” om eksotiese aandenkings te koop. Ons stap deur die binneplein van die Jagiellonian Universiteit voordat ons verder stap na die Wawel Heuwel waar een van die indrukwekkendste koniklike woonplekke is. Later vertrek ons na Budapest. Oornag in Budapest.


Dag 11 – 17 September BUDAPEST  

Na ontbyt doen ons `n voldag toer in Budapest. Ons besoek die Kasteel Distrik, Matthias Kerk, Vissermans Bastion en beweeg dan na die Citadel op die Gellert Heuwel waarvandaan ons ‘n panoramiese uitsig oor die stad het. Ons gaan terug na die Pest gedeelte oor die Elizabeth Brug na die Helde Plein. Ons geniet ‘n rustige stappie al langs Andrassy Laan wat ook ‘n wêreld erfenis gebied is. Ons sien die Operahuis en Budapest se grootste kerk, St. Stephen’s Basillica. Geniet die res van die middag vir inkopies en vrye tyd. Oornag in Budapets.


Dag 12 – 18 September   BUDAPEST / JOHANNESBURG

Ons het die oggend vry vir laaste inkopies en besigtiging van die stad voor ons  na die lughawe vertrek vir ons terug vlug na Johannesburg. Ons arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike toer, nuwe vriendekring en onvergeetlike belewenisse.


TOERPRYS:     SLEGS LANDREELINGS :  R24490.00 @ 1 EURO = R15.00

                                         PASSIESPEL PAKKET:        R9470.00  @  1 EURO = R15.00


TOTAAL R33960.00  @ 1 EURO = R15.00


Die toerprys is gebaseer op landreëlingskoste beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram en is onderhewig aan veranderings.  Aangesien internasionale wisselkoers aansienlik verander, is daar besluit op ‘n wisselkoers van €1=R15.00



Die volgende is by die toerprys ingesluit:


Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:


Let wel:  Die toerprys is onderhewig aan 42 betalende passasiers wat deurgaans saamreis.


As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, is ons genoodsaak om kwotasies op ‘n daaglikse wisselkoers te bereken.


As u kontant depsitos maak, tel asb 1,4% kontantfooi by.



ALLE PRYSE IS ONDERHEWIG AAN VERANDERING



MARIAN VAN ROOYEN

TEL 014 7840061

SEL 082 5687451


Programme Registration form