Younique Tours  © Website created by: Platinumads



Die Rusland Boottoer 

18 – 29 Mei  2018

 ‘n Rustige boottoer op die Wolga- en ander Russsiese riviere en mere. 

Ingesluit by u toerprys:

 Retoer vliegkaartjies

 Lughawebelasting

 Hawebelasting van R6000

 Kajuite met ‘n uitsig na buite deur groot panoramiese vensters.

 Alle kajuite het privaat badkamers en lugversorging.

 Daaglikse uitstappies by elke vasmeerplek soos aangedui op die program

 Vervoer van en na lughawe

 Drie etes elke dag

 Leiding en inligting deur Engelssprekende gidse

 Lesse in Russies en Russiese liedjies

 Vermaaklikheidsprogram elke aand

 Daaglikse aerobiese klasse

 Skemerkelkie en gala-ete met die kaptein

 Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal met Emirates.. Geniet aandete aan boord, asook ontbyt net voor ons land in Dubai.

 Dag 2 – Vertrek met ons aansluitingsvlug na Moskou.  Ete aan boord. Word op die lughawe verwelkom deur die plaaslike toerleier en vertrek dadelik na ons boot op die Moskourivier.  Skemerkelkie ter verwelkoming deur die kaptein en aandete aan boord.

 Dag 3 – Stadstoer van Moskou. Stop op die Sofiaoewer van die Moskourivier, die Bolshoi klipbrug, die katedraal, Puskin Museum, monument van Pieter die Grote, Gorkie park, die uitkykplatform op die Lenin-heuwels en vele meer. Vanaand ‘n opsionele toer van “Moskou in die aand” met ‘n besoek aan die Moskouse moltrein-stelsel en ’n treinrit na van die mooiste stasies.

  Dag 4 –   Die hoogtepunt is sekerlik die besoek vandag  aan die Rooi Plein en die Kremlin. Ons besoek ook van die katedrale en die beroemde Tsaarkanon uit die 14de eeu en die Tsaarklok uit die 16de eeu.

 Dag 5 – Meer vas by Uglich. Uglich dateer uit 1148 en is een van die mees geliefde dorpies in ou Rusland. Besoek aan besienswaardighede onder leiding van ’n plaaslike gids.

 Dag 6 – Dagbesoek aan Goritsy, ’n klein neder-setting.omtrent 7 km vanaf die Kirillo-Belozerski klooster.  Ons vasmeerplek is omtrent 500 meter vanaf die oorblyfsels van ’n nonneklooster op die walle van die Sheksnarivier.

 Dag 7 –  ’n Vaart deur die Wolga – Baltiese kanaal neem ons na die klein eilandjie, Kizhi, aan die noordelike kant van die meer Onega. Die eiland is bekend vir sy opelugmuseum van argitektuur. Geboue vanoor die land en uit die geskiedenis is hier versamel.

 Dag 8 – .Besoek aan Mandrogi. In die dorpie is daar voorbeelde van Russiese houtgeboutjies. Die inwoners reël ‘n Russiese braaivleis vir die besoekers.Musiek deur ‘n begaafde balalaikaspeler Daar is ’n vodkamuseum waar ’n mens vertroud kan raak met die geskiedenis van hierdie dop met die skop. ’n Mens kan ook vir ’n wandeling deur die woud gaan.

Dag 9 –  Vandag meer ons vas in St Petersburg. Die dagprogram sluit ’n stadstoer in waar ons onder meer die volgende sien: Nevsky Prospect, Paleisplein en winterpaleis, Vassilievski eiland, Universiteitsoewer, hoofgebou van die St Peterburg universiteit,, vloothoofkwartier, Senaatsplein, ruiterbeeld van  Pieter die Grote, St Isaakkatedraal en –plein, kruiser Aurora en vele meer.

Dag 10 – Besoek aan die beroemde Hermitage museum.  Een van die grootste museums in die wêreld. Ontstaan in 1764 en beskik oor meer as 2,7 miljoen kunsstukke, insluitend werke van Leonardo da Vince, Raphael,Rodin, Rembrandt,Rubens en vele meer.  Daar is ook die galakamer van die Winterpaleis, ’n eertydse koninklike paleis.

Dag 11 – Na ontbyt moet ons die kajuite ontruim teen 09:00. Ons tasse word op die skip bewaar terwyl ons ’n laaste uitstappie doen. Vertek ongeveer 18:00 na die lughawe vir ons terugvlug. Aandete op die vliegtuig.

Dag 12 –  Geniet middagete op die vliegtuig.  Land op JNB teen ongeveer 16:30, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.

 R31 650

per persoon wat dubbelkajuit deel
€1 ≤ R16

Geen Visum benodig


Programme Registration form