Botswana, Chobe, Vic-valle & Okavanko delta 2020

4-12 April 2020

Category:

Description

Dag 1
Ons vertrek vanaf die Oos Rand Mall (Boksburg) en Pretoria na Botswana. Ons gaan deur die Groblersbrug-grenspos en ry dan tot in Palapye waar ons sal oornag.
Dag 2
Na ontbyt vertrek ons met groot opgewondenheid na die Okavango Delta via die Makgadikgadi panne. Ons oornag vir die volgende 2 nagte in Maun.
Dag 3
Vroegoggend gaan ons die Delta met makoro`s aandurf (ekskursie is opsioneel ±R1200.00) wat deur ‘n “poler” geruisloos deur die vlak waterkanale gestuur word. ‘n Bosuitstappie op een van die eilande, met ‘n ligte middagete, kan net opwindend wees! Onthou jou hoed! Indien u nie hierdie ekskursie wil meemaak nie, kan u ‘n rustige dag by die hotel deurbring.
Dag 4
Ons gaan vandag die skouspelagtige Delta vanuit die lug met `n ligte
vliegtuig beskou. Daarna vertrek ons na Nata waar ons sal oornag. Die Hotel bied ook ekskursies na die Makgadikgadi Panne wat uself kan onderneem.
Dag 5
Na ontbyt vertrek ons na die noorde tot by Kasane(Chobe). Ons gaan vir 3 nagte hier tuis.
Dag 6
Vandag word ons bederf met een van die wêreld se grootste wonders nl. die indrukwekkende Victoria watervalle. Ons keer terug na Chobe vir ‘n heerlike aandete.
Opsionele pakket: ‘n Helikoptervlug oor die waterval wat ‘n onvergeetlike ervaring kan wees.
Dag 7
Vandag beleef ons ‘n dag vol opwinding! ‘n Avontuurlike wildrit in 4×4-voertuie deur die Chobe Nasionale Park en ‘n ongelooflike bootvaart op die Choberivier.
Dag 8
Vanoggend vertrek ons terug na Palapye en oornag ons laaste aand.
Dag 9
Vandag huiswaarts, met nog `n onvergeetlike toer saam met YOU-NIQUE TOERE, wat lekker kan bederf!!!!
Toerprys: R18500.00pp(wat deel) Enkeltarief: +R4 000.00. Deposito: R3000.00pp(met bespreking) Finale bedrag ses weke voor vertrek. (asb. geen kontant of tjek inbetalings) – KONTANTFOOI SAL GEHEF WORD

YOU-NIQUE TOERE behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Toerpryse is onderhewig aan verandering weens ekonomiese toestande, ( US Dollar) en brandstofprys.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Botswana, Chobe, Vic-valle & Okavanko delta 2020”

Your email address will not be published.