Boottoer na Rusland 2020

13-24 MEI 2020

Category:

Description

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal met Emirates. Geniet aandete aan boord, asook ontbyt net voor ons land in Dubai.
Dag 2 – Vertrek met ons aansluitingsvlug na St Petersburg.  Ete aan boord. Word op die lughawe verwelkom deur die plaaslike toerleier en vertrek dadelik na ons boot op die Nevarivier.  Skemerkelkie ter verwelkoming deur die kaptein en aandete aan boord.
Dag 3 – Die dagprogram sluit ’n stadstoer* in waar ons onder meer die volgende sien: Nevsky Prospect, Paleisplein en winterpaleis, Vassilievski eiland, Universiteitsoewer, hoofgebou van die St Petersburg universiteit, vloothoofkwartier, Senaatsplein, ruiterbeeld van  Pieter die Grote, St Isaakkatedraal en –plein, kruiser Aurora en vele meer.
Dag 4 –  Besoek aan die beroemde Hermitage museum*.  Een van die grootste museums in die wêreld. Ontstaan in 1764 en beskik oor meer as 2,7 miljoen kunsstukke, insluitend werke van Leonardo da Vince, Raphael,Rodin, Rembrandt,Rubens en vele meer.  Daar is ook die galakamer van die Winterpaleis, ’n eertydse koninklike paleis.
Dag 5 – .Besoek aan Mandrogi*. In die dorpie is daar pragtige voorbeelde van Russiese houtgeboutjies. Die inwoners reël ‘n Russiese braaivleis vir die besoekers. Musiek deur ‘n begaafde balalaikaspeler.  Daar is ’n vodkamuseum waar ’n mens vertroud kan raak met die geskiedenis van hierdie dop met die skop. ’n Mens kan ook vir ’n wandeling deur die woud gaan.
Dag 6 – ’n Vaart deur die Wolga – Baltiese kanaal neem ons na die klein eilandjie, Kizhi*, aan die noordelike kant van die meer Onega. Die eiland is bekend vir sy opelugmuseum van argitektuur. Geboue vanoor die land en uit die geskiedenis is hier versamel.
Dag 7 –  Dagbesoek aan Goritsy*, ’n klein nedersetting, omtrent 7 km vanaf die Kirillo-Belozerski* klooster.  Ons vasmeerplek is omtrent 500 meter vanaf die oorblyfsels van ’n nonneklooster op die walle van die Sheksnarivier.
Dag 8 – Meer vas by Uglich. Uglich dateer uit 1148 en is een van die mees geliefde dorpies in ou Rusland. Besoek aan besienswaardighede* onder leiding van ’n plaaslike gids.
Dag 9 –  Vandag meer ons vas in Moskou. Stadstoer van Moskou*. Stop op die Sofiaoewer van die Moskourivier, die Bolshoi klipbrug, die katedraal, Puskin Museum, monument van Pieter die Grote, Gorkie park, die uitkykplatform op die Lenin-heuwels en vele meer. Vanaand ‘n opsionele toer van “Moskou in die aand” met ‘n besoek aan die Moskouse moltrein-stelsel en ’n treinrit na van die mooiste stasies.
Dag 10 – Die hoogtepunt is sekerlik die besoek vandag  aan die Rooi Plein* en die Kremlin*. Ons besoek ook van die katedrale en die beroemde Tsaarkanon* uit die 14de eeu en die Tsaarklok uit die 16de eeu.
Dag 11 – Na ontbyt moet ons die kajuite ontruim teen 09:00. Ons tasse word op die skip bewaar terwyl ons ’n laaste uitstappie doen. Vertek ongeveer 19:00 na die lughawe vir ons terugvlug. Aandete op die vliegtuig.
Dag 12 –  Geniet middagete op die vliegtuig.  Land op JNB teen ongeveer 16:30, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer.
*Hierdie uitstappies is by die toerprys ingesluit.

n Rustige boottoer op die Wolga- en ander Russsiese riviere mere

Ingesluit by u toerprys:
Retoer vliegkaartjies
Lughawebelasting
Hawebelasting
Kajuite met ‘n uitsig na buite deur groot panoramiese vensters.
Alle kajuite het privaat badkamers en lugversorging.
Daaglikse uitstappies by elke vasmeerplek soos aangedui op die program
Vervoer van en na lughawe
Drie etes elke dag
Leiding en inligting deur Engelssprekende gidse
Lesse in Russies en Russiese liedjies
Vermaaklikheidsprogram elke aand
Daaglikse aerobiese klasse
Skemerkelkie en gala-ete met die kaptein
PRYS R32 650
per persoon wat dubbelkajuit deel €1 ≤ R16,50
Ons kon 15 Luukse kajuite “Junior Suites” op die boot bekom teen ‘n baie spesiale bybetaling van €90 per kajuit.
Geen Visum benodig
‘n Besoek aan Rusland is ‘n moét vir elke Suid Afrikaner. Beleef eerstehands die geskiedenis en kultuur van ‘n land waaroor daar so baie wanvoorstellings aan ons opgedis is.
Ons behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Prys is onderhewig aan verandering agv wisselkoers en brandstofprys.

KONTAK MARIAN VAN ROOYEN
082 5687451 OF 014 7840061
info@youniquetours.co.za

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boottoer na Rusland 2020”

Your email address will not be published.