Namibie 2020

14-26 Junie 2020

Category:

Description

DAG 1
Ons vertrek vanaf Pretoria na die Oosrand Mall in Boksburg, dan na Potchefstroom en Klerksdorp om laatmiddag in Upington te arriveer en oornag.
DAG 2
Na ‘n goeie nagrus en heerlike ontbyt, vertrek ons na die grenspos by Nakop/Ariamsvlei. Na afhandeling van die formaliteite kan ons so ’n bietjie bene rek voor ons die pad aandurf na die Visrivier Canyon. Ons oornag in Keetmanshoop.
DAG 3
Na ontbyt durf ons die uitgestrekte Namibwoestyn aan en hoop om die wilde perde te sien. Ons bring `n besoek die bekende Dias Kruis en oornag in Lüderitz reg op die see!
DAG 4
Na`n egte Duitse ontbyt verlaat ons Lüderitz. Ons besoek die spookdorp, Kolmanskop en vertrek dan na Maltahohe waar ons gaan oornag.
DAG 5
Na ontbyt vertrek ons na Sossusvlei en die duine by Sesriem en gaan ons die hoogste duin ter wêreld aandurf.
Vanmiddag bring ons`n besoek aan `n eg Duitse bakkery en oornag in Solitaire
DAG 6
Ons vertrek via die ongerepte Namibwoestyn na Swakopmund. Ons gaan deur die Kuiseb Vlakte en beleef die mees veranderende landskap van oase tot Sprokiesbome! Ons besoek Walvisbaai se Duin 7, die soutpanne en Pelikaanpunt en beleef ‘n mees fantastiese sonsondergang! Ons sal die volgende twee nagte hier oornag.
DAG 7
Vandag bring ons `n besoek aan die Maanlandskap en gaan kyk hoe die oer-oue Welwitshia plante lyk. Ons verken Swakopmund met al sy snuffelwinkeltjies en kristalgallery. Ons kan ook lekker smul aan die plaaslike gebak van die Duitsers!!
DAG 8 en 9
Na ontbyt vertrek ons na Outjo waar ons vir 2 aande sal oornag. Ons bring `n besoek aan die grootste wynkelder in Namibië (indien oop) en die Etosha Nasionale Park.
DAG 10
Na ontbyt vertrek ons na Windhoek via Otjivarongo en Okahandja.
DAG 11
‘n Heerlike ontbyt en dan ‘n stadstoer deur Windhoek. Daarna vertrek ons na Keetmanshoop. Ons besoek die bekende Kokerboomwoud asook die “Speelplek van die Reuse” met sonsondergang! Ons oornag in die Canyon Hotel.
DAG 12
Na `n goeie nagrus en ontbyt, durf ons weer die pad aan terug na Suid-Afrika. Ons oornag dan weer in Upington.
DAG 13
Ons besoek die donkie en Droëvrugte stalletjie en keer dan huiswaarts, verryk met die wonderlikste herinneringe van ons besoek aan Namibië en `n fantastiese toer saam met You-Nique Toere, wat lekker kan bederf en baie verrassings het!

VOORLOPIGE PRYS: R22500.00pp wat deel (plus R4950.00 enkelkamer) Deposito: R3000.00pp(met bespreking) Uitstaande bedrag, 2 maande voor vertrek (geen kontant of tjek inbetalings, en indien, sal bankkostes gehef word). Afskrif van paspoort word verlang met bespreking asb.
Prys sluit in: 2 heerlike etes per dag, fooitjies aan portiere, vervoer met ultra luukse bus, verkoeling en gemaklike verstelbare sitplekke, eersteklas akkomodasie, professionele diens en sorg, vriendelike en kundige toerleier . Ingangsfooie soos per program.
YOU-NIQUE TOERE behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Prys is onderhewig aan verandering agv van brandstof en kospryse.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Namibie 2020”

Your email address will not be published.