Namakwaland & Weskus toer 2020

27 Augustus-4 September 2020 (9Dae)

Category:

Description

Dag 1
Ons vertrek vanaf Oosrand Mall, Pretoria, Potchefstroom en Klerksdorp. Ons gaan`n bietjie bene rek in Vryburg en dan na Kuruman waar ons “die Oog”, wat `n natuurlike waterbron is, besoek. Ons oornag in Upington.
Dag 2
Na ‘n heerlike nagrus en ontbyt vertrek ons na die Donkie, Keimoes se waterwiel, die majestieuse Augrabiese waterval en Pofadder. Ons oornag vir die volgende twee nagte in Springbok.
Dag 3
Vandag gaan ons die skouspel van die natuur geniet. Blomme en nogmaals blomme!! Springbok se blommeprag, die ou myndorpie Nababiep en die omliggende omgewing.
Dag 4
Vroeg die oggend vertrek ons na Clanwilliam Hotel via Kamieskroon, Skilpad, Garies, Vanrhynsdorp en verby die asemrowende Knersvlakte met sy piepklein vetplantjies wat ons dan ook van nader gaan beskou.
Dag 5
‘n Besoek aan die tee- en skoenfabriek in Clanwilliam, die Sederberge, blommeskou en vertrek dan na Saldanah al langs die Weskus af waar die mooiste kleure en plate blomme voorkom. Oornag 2 aande.
Dag 6
Besigtig blomme al langs die Langebaan Natuur Reservaat, verby Mycanos en die Hawe en bring `n besoek aan die asemrowende Fossielpark.
Dag 7
Na ‘n heerlike Weskus-ontbyt, vertrek ons na Beaufort-Wes via Darling en sien hoe Evita se Perron lyk en dan stop ons by `n kelder op ons roete.
Dag 8
Na `n rustige ontbyt vertrek ons na Kimberley via Victoria-Wes en as die tyd dit toelaat, gaan ons die “popcorn fabriek” besoek.
Dag 9
Na ons laaste heerlike ontbyt, vertrek ons verby die oopmyn en sien ons ook waar groot troppe flaminke hul broeiplek net buite Kimberley maak. Met `n herinnering aan die lieflike Namakwalandse blommeprag en ‘n onvergeetlike toer saam met You-nique Toere, keer ons huiswaarts.

Voorlopige Prys: R11600.00pp wat deel plus R3400.00 vir enkelkamer.
Deposito R3000.00pp.
Geen tjek of kontant inbetalings nie en indien, sal bankkostes gehef word. Net bankoorplasings asseblief (EFT)!

You-Nique Toere behou die reg voor om veranderings aan hierdie reisplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Die prys is onderhewig aan verandering agv brandstofprys.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Namakwaland & Weskus toer 2020”

Your email address will not be published.