Kroasie en Oos Europa 2020

2-16 JUNIE 2020

Category:

Description

15 FANTASTIESE DAE

Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in die Tjeggiese Republiek.
Dag 2 – Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Praag.  Besoek die Praagse kasteel waar u waarskynlik ‘n wisseling van die wag kan sien. Geleentheid om St.Vituskatedraal te sien
Dag 3 – Heeldag in Praag. Stap met die historiese Karelsbrug oor die Moldou en besoek die ou stadsplein, die astronomiese klok, St Wensclassplein en vele meer.
Dag 4 – Reis deur die Tjeggiese platteland. Ons doen aan by mooiste dorpie, Telc,  en dan na Wene in Oostenryk.  Besoek die Straussmonument in die stadspark. Vanaand geleentheid om ‘n Strausskonsert by te woon.
Dag 5 – Verken Wene oggend.  Sien onder meer die Weense Operahuis, die St. Stephansplatz en die pragtige somerpaleis van die Hapsburgers, die Schoenbrunn. Oornag weer in Wene.
Dag 6 – Vertrek vroegoggend  na die pragtige Bratislava in Slovakye waar ons die mooi stadjie besoek.   Hierna reis ons verder deur die Hongaarse platteland na Budapest, hoofstad van Hongarye waar ons die volgende twee aande oornag.
Dag 7 – Vandag doen ons ‘n stadstoer per bus van Budapest. Sien onder meer die Heldeplein, kasteelgebied, Vissermansbastion en kettingbrug. Vanaand het ons aandete met musiek op ‘n boot terwyl ons deur Budapest vaar op die Donou.
Dag 8 –  Reis al langs die  Balatonmeer na die hoofstad van Kroasië, Zagreb. Slaap in  Zagreb.
Dag 9 – Ons vertrek vroeg na Plitvice, in die middel van Kroasië en een van die natuurwonders van die wêreld met sy 16 mere en watervalle. Daarna reis ons verder na die eilandjie in die baai van Kvarner in Kroasië, Krk, waar ons vir die volgende drie aande tuisgaan.
Dag 10 – Ons verken Krk eiland. U kan heerlik in die blouste-blou water swem en rondkuier of  wat van ’n bootvaart na sommige van die ander eilande?  Oornag weer in Krk.
Dag 11 – Vandag verken ons Kroasië se kus verby Rijeka en Opatija na Kroasië se Istria provinsie.  Ons doen aan by die prentjiemooie kusdorpie Rovijn en   Hum (die kleinste stadjie in die wêreld).
Dag 12– Ons vertrek vroeg  en reis na een van die groenste lande ter wêreld – Slovenië.  Ons doen aan by die wêreld se grootste grotnetwerk,Postojna. Daarna reis ons verder na Predjama kasteel, ‘n kasteel in die berg uitgekap. Ons slaap vir die volgende twee aande net buite Ljubljana by ‘n warmbron, omring deur die groenste woude.
Dag 13 – Vandag besoek Ljubljana, die hoofstad van Slovenië en die asemrowende Bled met sy kasteel.  U kry die geleentheid om rustig te stap om die meer en die natuurskoon te geniet. Wat van bietjie tobaggoning teen die ski-loop af vir die geesdriftiges?
Dag 14 – Nadat ons tasse gepak is, groet ons Slovenië vandag en reis naZagreb vir ons vlug na Dubai en dan na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 15 – Geniet ontbyt op die vliegtuig.  Land op JNB ongeveer 10:15, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer
Ingesluit:
Vliegkaartjies, verblyf en twee etes elke dag (behalwe 2 aandetes op aanvraag)
R34 950.00  (per persoon wat dubbelkamer deel) en €1 ≤ R17,00
Vergelyk gerus ons prys met ander toere van dieselfde lengte en ekstras
Ekstras ingesluit by u toerprys:
‘n Buffet-ete met musiek tydens ‘n aandvaart op die Donourivier in Budapest
Luukse, lugversorgde toerbus
Alle parkering,  tolbelasting en lughawebelasting
Nie ingesluit nie:
Koste om ‘n paspoort, visum en reisversekering te kry.
Sakgeld, drankies en ander opsionele uistappies.

Ons behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede en weerstoestande. Prys is onderhewig aan verandering agv wisselkoers en brandstofprys.

KONTAK MARIAN VAN ROOYEN
082 5687451 OF 014 7840061
info@youniquetours.co.za

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kroasie en Oos Europa 2020”

Your email address will not be published.