Meditereens toer 2020

September 2019

Ons gewilde kustoer vanaf  Katelonië in Spanje tot in Kroasië

Category:

Description

TOERPRYS voorlopig R37 000.00pp wat deel (Euro 16.50)
Deposito – R4000.00 met bespreking

Toerplan
Dag 1 – Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Barcelona.
Dag 2 –Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik vir ’n stadstoer van Barcelona en sien onder andere Antoni Gaudi se La Sagrada Familia. Slaap in die vakansiedorpie Calella, reg langs die Mediterreense see.
Dag 3 – Heeldagbesoek aan Barcelona.  Verlustig u in die unieke argitektuur van die stad. Besoek die Las Ramblas vir inkopies.  Vroegmiddag  vertrek ons na Montserrat in die berge van Katelonië en besoek die Benediktynse klooster met asemrowende uitsigte.
Dag 4 – Vandag is u vry om Barcelona op eie stoom te verken per trein (opsioneel) of net rustig in Calella se winkeltjies rond te kuier en op die strand te baljaar! Wat van tapas of seekos op die strand by een van die strandrestaurante? Oornag weer in Calella met sy glashelder seewater.
Dag 5 – Vertrek net na ontbyt noordwaarts. Ry al langs die kus oor die Pireneë bergreeks na Frankryk se Languedoc distrik.Hier besoek ons die middeleeuse stad Carcassonne met sy 53 wagtorings en dubbele stadsmuur – kompleet soos ’n sprokie uit die 12e eeu.Oornag in die oud-Romeinse stadjie, Nimes.
Dag 6 – Vandag reis ons verder deur Provaans waar ons in die pragtige Avignon aandoen aan die walle van die Rhône rivier en ook die Pont du Gard besoek. Reis verder na die kus waar ons oornag in die dorp, Frèjus, aan die Franse Riviera.
Dag 7-    Sit vanoggend ons reis voort al langs die Franse kus. Ons doen aan in die parfuumhoofstad, Grasse, en kry ’n blykie van hoe parfuum gemaak word. Steek die grens oor na Italië en slaap vanaand in die hoofstad van Liguria, Genoa.
Dag 8 –  Vanoggend reis ons verder na die stad van liefde en romantiek aan die oewers van die Adige-rivier  – Verona, verewig in Shakespeare se roman, Romeo en Juliet. Namiddag reis ons na die stadjie, Quarto D’Altino, naby Venesië, waar ons oornag.
Dag 9 – Vertrek vroegoggend met die trein na die stad van water, Venesië.  Wat van ‘n gondelvaart of waterbus (opsioneel) of stap sommer oor die honderde bruggies terwyl u pizza eet. Slaap weer in Quarto D’Altino.
Dag 10 – Vertrek net na ontbyt ooswaarts, waar  ons parallel met  die Adriatiese kuslyn langs reis, deur Slovenië na Krk, een van die groter eilande van Kroasië waar ons vir die volgende drie dae tuisgaan. Oppad besoek ons Piran in Slovenië, ‘n  prentjiemooie vissersdorpie langs die see.
Dag 11- Vandag kry u die geleentheid om luilekker langs die strand te ontspan in Krk. Moontlik ‘n besoek aan die eilande in die omgewing per boot (opsioneel).
Dag 12 – Vandag kry u die geleentheid om die kusdorpies van Kroasië te besoek onder andere Rovinj en Hum, die kleinste stadjie ter wêreld . Geniet van die heerlike wyne en olywe van die omgewing. Namiddag kuier ons luilekker langs die see. Wat van ’n koue bier of roomys?
Dag 13– Ons groet Kroasië vandag en ry noord deur Slovenië oppad na Oostenryk.  Ons doen aan by die wêreld se grootste grotnetwerk, Postojna (opsioneel). Daarna reis ons verder na Ljubljana, hoofstad van Slovenië. Ons slaap net buite Ljubljana, omring deur die groenste woude
Dag 14  – Vandag reis ons na die asemrowende Bled met sy kasteel.  U kry die geleentheid om rustig te stap om die meer en die natuurskoon te geniet. Slaap weer buite Ljublana.
Dag 15 – Nadat ons tasse gepak is, groet ons Slovenië vandag en reis na Zagreb vir ons vlug na JNB. Aandete geniet u aan boord met ‘n glasie wyn of drankie van u keuse.
Dag 16 – Land in JNB Internasionaal. Stokflou na ’n fantastiese toer!

Ekstras ingesluit by u toerprys:
Vliegkaartjies, Lughawebelasting, Verblyf, 2 etes elke dag behalwe 2 aandetes, Luukse, lugversorgde toerbus, Alle parkering en tolbelasting, Treinkaartjie in Venesië
Nie Ingesluit nie
Koste om ‘n paspoort en visum te kry
Mediese/Reisversekering
Ekstra persoonlike uitstappies en alle opsionele groepsuitstappies

 KONTAK MARIAN VAN ROOYEN

Tel: 014 7840061
Sel: 082 568 7451
Faks: 086 697 9694
Epos: youniquetours@telkomsa.net
Epos: info@youniquetours.co.za
Webtuiste: www.youniquetours.co.za
Money spent on TRAVEL is NEVER WASTED

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Meditereens toer 2020”

Your email address will not be published.