Egipte Nylvaart 2020

29 Maart – 3 April 2020

Category:

Description

R8200,00 + R900,00 (lughawebelasting)
Onderhewig aan ‘n groep van 6 betalende toerlede

Dag 1    KAïRO, LUXOR
In Kairo word ons oorgeplaas  na die stasie en oornag op `n trein na Luxor.  Aandete en ontbyt aanboord.
Dag 2     LUXOR
Vanoggend word ons oorgeplaas na ons 5-sterboot vir ons Nylvaart. Ons besoek die Vallei van die Konings,  versierde rotsgrafte van die Farao’s Tutankamen die asemrowende tempel van Hatsheput, Karnak, Luxor en Kollossi van Memnon. Middagete, aandete en oornag aanboord.
Dag 3    ESNA, EDFU
Ontspan aanboord terwyl ons via Esna na Edfu vaar. Sien die immergroen oewers van die Nyl en plek-plek eilande met waterbuffels. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aan- boord.
Dag 4     EDFU, ASWAN
Besoek die tempel van Edfu, Kom Umbo en Aswan. Ontbyt, middagete, aandete en oornag aanboord.
Dag 5     ASWAN, KAïRO
Na ontbyt besoek ons die groot dam, die onvoltooide obelisk, die Phaile tempel wat heeltemal na ‘n ander eiland verplaas is a.g.v die bou van die dam en vaar met Felucca seilbootjies op die Nyl. Daarna ‘n besoek aan die mark van Aswan –word vervoer van en na die mark per perdekar. Vanmiddag vlieg ons na Kairo en word laataand oorgeplaas vir ons vlug na SA.
Dag 6    JOHANNESBURG
Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike nuwe ervaring en

Die volgende is by die toerprys ingesluit:
Lughawe belasting
Alle hulp met aankoms en vertrek
Alle oorplasings vanaf die lughawe – hotel – lughawe.
Luukse busvervoer met lugversorging
Toegangsfooie soos per die program
Eersteklas akkommodasie. Drie etes per dag
Engelssprekende gids

Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:
Administrasiefooi van R120 per persoon.
Voorgeskrewe fooitjies – $100 p.p. vir gidse en busdrywers
Reisversekering beskikbaar op aanvraag
Enkelkamertarief: Vra vir kwotasie indien jy alleen in ‘n kamer vir tuisgaan
Visum vir Egipte ±R110.00
Persoonlike uitgawes
Ekstra maaltye
Brandstofverhogings indien die lugredery besluit om hul belasting op brandstofprys te verhoog.
Enigiets wat nie genoem word onder “toerprys ingesluit” nie

Indien u kontant betaal vir die toer, moet u asseblief R400 byreken vir bank koste

DIE PROGRAM IS ONDERHEWING AAN VERANDERING

Die toerprys is onderhewig aan 6 betalende passasiers wat deurgaans saamreis. As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, kan prys verander agv. wisselkoers. Bereken op R13.50.

KONTAK MARIAN VAN ROOYEN
Tel: 014 7840061
Sel: 082 568 7451
Faks: 086 697 9694
Epos: info@youniquetours.co.za
Webtuiste: www.youniquetours.co.za

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Egipte Nylvaart 2020”

Your email address will not be published.