Wildtuin & Swaziland toer 2020

14-21 Oktober 2019

Category:

Description

Dag 1

Ons vertrek na Dullstroom waar ons tee kan geniet met die heerlikste pannekoeke en oornag vir 2 aande in Sabie. Ons gaan besigtig ook die pragtigste Azalea`s wat net in hierdie area voorkom.
Dag 2
‘n Opwindende dag! Na ontbyt volg ons die Panoramaroete. Ons besoek, God’s Window, Bourke’s Luck se kolkgate, die Drie Rondawels en `n koffieplaas.
Dag 3
Na `n vroeë ontbyt vertrek ons na die Nasionale Krugerwildtuin, die grootste wildreservaat in SA! By die ruskampe gaan ons bene rek en die hongerpyne stil. Ons oornag die volgende twee nagte in die Koningkryk van Swaziland.
Dag 4
Swaziland – Umbuso weSwatini. Na ontbyt gaan ons die Ezulwini vallei verken asook ‘n besoek aan die kers- en glasfabriek en geniet die heerlikste handgemaakte sjokolade.
Dag 5
Na`n goeie nagrus en ontbyt, verlaat ons Swaziland deur die Golela grenspos na St Lucia waar ons die vars seelug vir die volgende twee dae gaan inasem.
Dag 6
Vandag verken ons die iSimangaliso Vleiland Park. Ons besoek ook Kaap-Vidal en hou piekniek op die strand. Ons sluit die dag af met `n bootrit op die meer. Dag 7
Na ontbyt vertrek ons na Dundee waar verskeie veldslae plaasgevind het. Ons oornag in`n pragtige historiese hotel.
Dag 8
Na`n goeie nagrus en heerlike ontbyt, keer ons weer huiswaarts, verryk met die wonderlikste herinneringe van ons besoek aan die wildtuine en Swaziland met You-Nique Toere.
Prys: R9400.00pp
Enkel: + R2800.00 extra
Deposito: R3000.00pp
Afskrif van paspoort word met bespreking verlang.

YOU- NIQUE TOERE behou die reg voor om veranderings aan hierdie toerplan aan te bring na gelang van omstandighede, brandstofprys en weerstoestande.
Paspoort moet nog 6 maande geldig wees na terugkeer en is u eie verantwoordelikheid.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wildtuin & Swaziland toer 2020”

Your email address will not be published.