Israel & Egipte 2020

Vertrekdatum: 20 Maart 2020

Category:

Description

SPESIALE TOERPRYS – R35990.00 ($13.80)

Dag 1   20 Maart OR TAMBO, KAIRO
Die groep ontmoet mekaar 18:00 by die Egypt Air Toonbank in die Internasionale Vertreksaal B van O R Tambo Lughawe. Ons handel die nodige formaliteite af en vertrek met ons oornagvlug na Kaïro. (Aandete en ontbyt aan boord).

Dag 2 21 Maart KAIRO, SUEZ KANAAL, ST KATHARINA
Ons ontmoet ons Egiptiese gids in Kaïro en vertrek via die Suez-kanaal deur die Sinaï-woestyn na St. Katharina. Oornag en ontbyt by St. Katharina, Sinai.

Dag 3 22 Maart ST. KATHARINA, MT SINAI, TABA
Vroegoggend bestyg ons die berg Sinaï per voet en ander met kamele, vir ‘n asemrowende panoramiese uitsig oor die berge. Dit is hier waar Moses die 10 gebooie ontvang het, waar hy God by die brandende braambos ontmoet het en waar die volk Israel, die Goue Kalf aanbid het. Na ontbyt vertrek ons na die Egiptiese grensdorp, Taba en kry geleentheid om in die Golf van Aqaba, Rooi See, te swem en te snorkel. Aandete en oornag in Taba.

Dag 4 23 Maart EILAT, TIMNA, DOOI SEE
Na ontbyt vertrek ons na Eilat deur die grenspos. Ons ontmoet ons Israeliese gids en ry deur Eilat, die vakansiedorp op die oewers van die Rooi See. Ons besoek Timna waar ons die replika van die Tabernakel sal sien. Ons vertrek verder na die Dooie See, die laagste punt op aarde, waar ons kans kry om in die helende waters te swem. Aandete en oornag by die Dooie See.
Dag 5  24 Maart MASADA, QUMRAN, JERIGO, BET SHEAN
Na ontbyt besoek ons die bergvesting van Masada met sy baie uitgrawings per kabelkar waar 967 Jode massa-moord gepleeg het eerder as om in die hande van die Romeine te val. Daarna besoek ons Qumran waar die Dooie See rolle ontdek is. Ons besoek Jerigo, die oudste stad ter wêreld, en gaan per kabelkar teen die Berg van Versoeking uit. Ons reis deur die Jordaanvallei  verby Bet Shean, ‘n antieke stad waar die liggame van Saul en sy seuns aan die stadsmure vasgespyker was. Aandete en oornag in Tiberias
Dag 6 25 Maart SEE VAN GALILEA, TABGA, KAPERNAUM, YARDENIT
Vanoggend na ontbyt vaar ons per boot op die see van Galilea – tyd vir gebed en bepeinsing. Daarna is die berg van Saligsprekinge, waar die bergpredikasie (Matteus 5:7) deur Jesus gelewer is aan die beurt. Ons besoek Tabgha waar die wonderwerk van die vermeerdering van die brode en vissies plaasgevind het. Ons besoek Kapernaum, die stad van Jesus, die tweede eeuse Sinagoge waar Jesus sy loopbaan as prediker begin het, asook die uitgrawings van Petrus se huis. In Magdala sien ons a boot wat uitgegrawe is en wat moontlik dieselfde was soos die wat Jesus gebruik het. Ons vertrek verder na Yardenit, die tradisionele doopplek by die Jordaan. Aandete en oornag in Tiberias.
Dag 7  26 Maart KANA, NASARET, KARMEL, SESAREA
Na ontbyt vertrek ons na Kana in Galilea, die plek waar Jesus Sy eerste wonderwerk gedoen het deur wat in wyn te verander. Ons vertrek na Nasaret waar ons die Kerk van Aankondiging besoek. Ons ry verder na Meggido en Karmel (Muhraka) die plek waar Elia die Baälpriesters uitgedaag het. Ons vertrek verder langs die kus na Sesarea, die tuisdorp van Pilatus, Fillipus en Cornelius. Aandete en oornag in Jerusalem.
Dag 8 27 Maart BETLEHEM, KLAAGMUUG, OLYFBERG, GETSEMANE
Na ontbyt vertrek ons na Bethlehem, die Geboortekerk en die oudste kerk in die wêreld. ‘n Plaaslike gids neem ons deur die grenspos na Bethlehem. Tyd om die Olyfhoutsneefabriek te besoek. Vertrek terug na Jerusalem en besoek die Klaagmuur, ook bekend as die Westelike muur wat die heiligste plek vir die Jode is asook die Tempelarea. Ons ry op na die Olyfberg vir ‘n panoramiese uitsig oor die Ou Stad, Jerusalem. Ons besoek die Tuin van Getsemane waar ons ons dag afsluit. Aandete en ontbyt in Jerusalem
Dag 9 28 Maart BO-VERTREK, ST. PETER IN GALLICANTU, BAD VAN BETESDA, VIA DOLOROSA, TUINGRAF
Na ontbyt besoek ons die bo-vertrek waar die laaste Avondmaal gehou is en die graf van koning David. Ons vertrek na die Kerk van St. Peter in Gallicantu, ook bekend as die huis van Kajafas omdat dit gebou is op die plek waar sy huis vroeër was. Ons gaan die Ou Stad binne deur die St. Stephen’s poort en besoek die bad van Bethesda en die Kerk van St. Anne. Ons stap die Via Dolorosa verby die stasies van die kruis. Sien deur die kleurvolle basaars en langs die Cardo, die antieke Roomse Pad. Sluit die dag af met ‘n nagmaalsviering by die tuingraf – die hoogtepunt van die toer. Aandete en oornag in Jerusalem.
Dag 10 29 Maart JERUSALEM, KAIRO
Vanoggend na ontbyt vertrek ons na die lughawe vir ons vlug na Kairo. Ons doen ‘n halfdag toer in Kairo waar ons die Piramides (Giza Cheopos, Kephron, and Mykorinos) sien asook die Sphinx. Ons bring `n besoek aan die Kerk in die berg (ashoop). Ons geniet aandete langs die Nyl voor ons na die lughawe vertrek vir ons vlug terug na Johannesburg. Aandete en ontbyt aanboord.

Dag 11 30 Maart JOHANNESBURG
Arriveer in Johannesburg na ‘n wonderlike toer deur Jordanië, Egipte en Israel, met ‘n verrykte gees en goeie herinneringe.

SPESIALE TOERPRYS: R35990.00
Deposito – R5000.00pp

Die toerprys is gebaseer op lugreisgelde en landreëlingskoste beskikbaar ten tye van die samestelling van die reisprogram (1/7/19)en is onderhewig aan veranderinge.

Die volgende is by die toerprys ingesluit:
Retoer vlugkaartjie ex Johannesburg / Cairo / Amman/Tel Aviv / Johannesburg
Lughawebelasting
Alle hulp met aankoms en vertrek
Alle oorplasings vanaf die lughawe – hotel – lughawe.
Luukse busvervoer met lugversorging
Toegangsfooie soos per die program
Goeie hotelle. Ontbyt en aandete ingesluit.
Engelssprekende gids
‘n Reissak

Die volgende is nie by die toerprys ingesluit nie:
Administrasiefooi van R300 per persoon.
Voorgeskrewe fooitjies – $120 p.p. vir gidse en busdrywers
Reisversekering beskikbaar en word sterk aanbeveel.
Enkelkamertarief: Vra vir kwotasie indien jy alleen in ‘n kamer vir tuisgaan (vra kwotasie aan)
Visum vir Egypte ±R120.00
Persoonlike uitgawes
Ekstra maaltye
Brandstofverhogings indien die lugredery besluit om hul belasting op brandstofprys te verhoog.
Enigiets wat nie genoem word onder “toerprys ingesluit” nie

Indien u kontant betaal vir die toer, moet u R300 byreken vir bankkostes

DIE PROGRAM IS ONDERHEWING AAN VERANDERING

Die toerprys is onderhewig aan 32 betalende passasiers wat saamreis.

As gevolg van die onsekerheid van die SA Rand teenoor ander geldeenhede, is ons genoodsaak om kwotasies op ‘n daaglikse wisselkoers te bereken. Alle kwotasies is onderhewig aan verandering as gevolg van die veranderende wisselkoers

Kontak:
Marian van Rooyen
Tel: 014 7840061
Sel: 082 568 7451
Faks: 086 697 9694
Epos: info@youniquetours.co.za
Webtuiste: www.youniquetours.co.za

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Israel & Egipte 2020”

Your email address will not be published.

You may also like…